Albanië: Christelike momentum

Vir jare was Albanië gesluit vir die evangelie. Baie sien gekonsentreerde gebed en voorbidding as groot redes waarom dit nou oop is vir bediening en Skrifvertaling word aangepak. Daar is drie volledige vertalings van die Bybel in Albanees; een letterlik, een geparafraseer en een Katoliek. Die NT is hervertaal in moderne Albanees, en 'n nuwe OT-vertaling is aan die gang. Bid vir akkuraatheid, tydige voltooiing en wydverspreide gebruik van die Skrif. Godsdienstige literatuur uit baie gelowe het die land oorstroom nadat Kommunisme geval het. Christelike boeke word nou daar uitgegee, maar daar is baie min Christelike boekwinkels. Bid vir die impak van bruikbare Christelike boeke en literatuur, en afsetpunte vir hul sirkulasie.