13 000 mense word in 'n fasiliteit geprop wat vir 3 000 ontwerp is. Die VN het 'n beroep gedoen dat migrante onmiddellik van die smerige Moria-kamp op Lesbos na die vasteland oorgeplaas word nadat 'n brand 'n ma en kind doodgemaak het. Lesbos lê in sig van Turkye se kuslyn. So vinnig as wat mense na Griekeland se vasteland oorgeplaas word, kom meer asielsoekers van Turkye af. Op 29 September het 'n brand skeepsvraghouers verteer waar gesinne gehuisves word. ’n Vrou en kind is in die brand dood, en 17 mense is beseer. Botsings het tussen migrante en polisie uitgebreek, wat traangas afgevuur het om die chaos te beheer. Humanitêre organisasies veroordeel die toestande by die kamp, waar baie in tente in olyfboorde slaap. Bid vir die polisie en owerhede om migrante wat gevaarlike terrein afgelê het te respekteer en te versorg om so ver as Griekeland te kom, en dan in omstandighede wat as 'kritiek' beskryf word, moet leef.