Duitsland: gebedswandeling

'n Gebedswandeling langs die voormalige oos-wes grens word van 3 Oktober tot 9 November deur Duitse voorbidders onderneem met die slagspreuk 'Van 'n lewelose kloof na 'n nuwe lewenslyn'. Die stap sal langs twee roetes plaasvind, een vanaf die noorde en een van die suide, tot by 'n sentrale ontmoetingspunt. Die doel daarvan is om God te dank vir vryheid en eenheid, en om te bid vir verdere versoening en begrip tussen die voormalige Oos- en Wes-Duitsland.