Estland: Die minste godsdienstige land in die wêreld?

Europa - - 01 Jul 2015 - Print - Email

Nie so lank gelede nie is Estlanders gevra of godsdiens 'n belangrike rol in hul lewe speel - slegs 20% het ja gesê. Dit dui daarop dat die Baltiese land statisties die minste godsdienstige land ter wêreld is. By Tallinn se groot Lutherse Koepelkerk was een Sondag 70 gemeentelede toeriste en 15 gereelde Estlandse kerkgangers. Alhoewel die Lutherse Kerk die grootste in Estland is, maak dit slegs 13% van die bevolking uit. Minder as een uit elke vyf Estlanders sê enige godsdiens speel enige rol in hul lewens. In skole is godsdiens nie op die kurrikulum nie. Dit beteken nie dat Estlanders glad nie in enigiets glo nie. Baie is natuuraanbidders, heidene, wat hul godsdiens definieer as Maausk - 'n vorm van Estlandse natuurspiritualiteit - waarin die bome en aarde gekoesterde voorwerpe is wat krag besit. Daar is agt onbereikte mensegroepe in Estland en drie van die hoofgodsdienste is Islam, Etnies en Hindoeïsme.
Sien ook: www.bbc.co.uk/news/world-europe-14635021