In die 1950's is Inuit-kinders in Groenland uit hul gesinne geneem om as model Deense burgers opgevoed te word. Meer as 60 jaar later wil hulle hê die Deense regering moet om verskoning vra vir ’n eksperiment wat enorme skade aangerig het. 'Dit was 'n somersdag toe twee groot Deense here na ons huis in Nuuk, die hoofstad van Groenland, gekom het. Hulle het 'n tolk by hulle gehad. Ek en my ouer suster is aangesê om buite te gaan terwyl mamma met hulle praat. Hulle het my ma gevra om my na Denemarke te stuur om Deens te leer en 'n goeie opleiding te kry. Hulle het gesê dit was 'n groot kans vir my. My ma het twee keer vir hulle gesê: 'Nee'. Maar hulle het haar aanhou druk en dit was in die dae toe Groenland 'n Deense kolonie was en die koloniale meesters - 'meesters' in die slegste sin van die woord - alles beheer het. Jy het nie 'n Deen weerspreek nie. My ma het my gestuur.' Die ervaring het langtermyn negatiewe gevolge vir baie gehad. Om die hele storie te lees, klik op die 'meer' skakel hieronder.