Die Faroëreilande is in die sesde eeu deur Ierse monnike bewoon en godsdiens speel 'n belangrike rol in die samelewing met 80% van die bevolking wat aan die Evangelies-Lutherse Kerk behoort het. Die land is selfregerend onder die Deense kroon en die Grondwet maak voorsiening vir volkome godsdiensvryheid. Die visbedryf is die hoofsektor wat tot die Faroëse ekonomie bydra. Weens prysskommelings in dié tak is die Faroëse ekonomie kwesbaar. Die Faroëse praktyk van walvisjag het internasionale kritiek ontlok. (Sien vorige Faroë-eilande-artikel) Denemarke dra ongeveer 15% van die Faroëse BBP by, wat die Faroëse bevolking toelaat om 'n lewenstandaard byna gelykstaande aan dié van die Dene en ander Skandinawiërs te hê. Die eilande het 'n vaste vissery- en vryhandelsooreenkoms met die Europese Unie. Tans beoordeel die Faroëse regering die moontlikheid om die omvang van samewerking uit te brei na die sogenaamde vier vryhede – die vrye beweging van goedere, dienste, kapitaal en persone. Hulle neem ook deel aan die EU se navorsingsamewerkingsprogram (FP7). Sien ook: www.framtak.com/eysturoy/places/churches.html