Viëtnam: wette teen Christene

In Viëtnam kom Christelike vervolging van plaaslike en nasionale regerings plus stamkultuur. Kommunistiese wette benadeel die Christelike minderheid en die implementering daarvan op voetsoolvlak lei tot vervolging deur plaaslike amptenare. Rooms-Katolieke word as verdag beskou vir hul bande met vreemde moondhede. Etniese groepleiers sien Christene as verraaiers van die stamkultuur en identiteit, en dorpenaars werk dikwels saam met hulle om gelowiges te vervolg. Die Montagnards, Protestantse Christene, word met besondere agterdog deur amptenare bejeën. Op 1 Januarie 2018 het ’n nuwe wet op geloof en godsdiens in werking getree, maar Christenleiers stem saam dat min verander het. Die potensieel positiewe bepalings daarvan word oneweredig toegepas, en heeltemal geïgnoreer in afgeleë gebiede waar etniese minderhede voortgaan onder hewige vervolging. Dit is benoude tye vir gelowiges. Sien https://www.opendoorsusa.org/christian-persecution/world-watch-list/vietnam/