Die International Justice Mission (IJM) versoek ons gebede vir voortgesette positiewe momentum in Kenia om hervormings teweeg te bring wat die toename in polisiegeweld teen die land se armste burgers sal stuit. Tientalle mense is in 2018 dood of het in die hande van die polisie verdwyn, en Keniaanse leiers sal in die nuwe jaar met IJM en ander menseregte-organisasies vergader om strategieë te ontwikkel om polisiebrutaliteit aan te spreek. Bid vir effektiewe hervormings wat wetstoepassing sal verander van 'n bron van vrees in 'n krag ten goede in Kenia. Menseregte-organisasies wil nou hê dat ’n taakspan saamgestel word, om buitegeregtelike moorde en gedwonge verdwynings te ondersoek.