Lande wat gebed nodig het in 2019

Kameroen se president Paul Biya het gesê hy wil dialoog met separatistiese elemente hê om die voortslepende veiligheidskrisis in die land se Engelssprekende streke te beëindig. Maar in dieselfde asem het hy gedreig: 'As daar nie gehoor gegee word aan my beroep op oorlogvoerders nie, sal die verdedigings- en veiligheidsmagte opdrag kry om hulle te neutraliseer. Ek is bewus van die probleme waarin die rebelle burgers plaas.' Kriminele bendes buit die chaos uit om hul aktiwiteite uit te brei. Sien http://www.africanews.com/2018/12/31/cameroon-president-ready-for-dialogue-over-anglophone-crisis/ Bid ook vir vrede in Venezuela, vir die duisende wat gevlug het, en die families van die vermoordes. 90% van Venezolane leef in armoede. Wanvoeding is hoogty. Sodra uitgeroei siektes het teruggekeer. 3 miljoen het na Colombia gevlug. Buitestanders sê president Maduro is 'n beheervraat, en Venezolane het 'n revolusie nodig. Bid dat mnr Maduro sal luister na wysheid wat verligting vir die burgers sal bring. Sien https://www.forbes.com/sites/francescoppola/2018/12/31/why-venezuelas-hyperinflation-problem-is-so-difficult-to-solve/#660ea3c6373c Vir ander dringende internasionale uitdagings, klik die ' Meer' skakel.