Nigerië: Buhari verklaar Boko Haram 'n bedrog en 300 gyselaars word gered

Wêreldwyd - - 30 Apr 2015 - Print - Email

Nigerië se verkose president Muhammadu Buhari het Maandag gesê: 'Die bedrog genaamd Boko Haram kan verslaan word deur dit 'n werwingsbasis te ontsê. Geen godsdiens laat die doodmaak van kinders in skoolkoshuise, markte en plekke van aanbidding toe nie. Hulle het niks met godsdiens te doen nie. Hulle is terroriste en ons gaan met hulle handel soos hulle oral met terroriste handel.' Buhari het gesê Boko Haram sal 'n werwingsbasis geweier word. Hy het die vernietiging van skole in die noorde van Nigerië betreur, 'n optrede wat volgens hom duisende jongmense toegang tot onderwys en 'n beter toekoms kan weier, tensy iets dringend gedoen word om die krisis te beëindig. Intussen het die Nigeriese weermag Woensdag byna 300 vroue van Boko Haram gered. ’n Weermagwoordvoerder sê die gyselaars wat tydens militêre offensief bevry is, is nie skoolmeisies wat verlede jaar uit Chibok ontvoer is nie. Vir die volledige storie gaan na: -