Oesbekistan: Korttermyn tronkstraf, boetes en teistering

Wêreldwyd - - 30 Apr 2015 - Print - Email

Doniyor Akhmedov - 'n Baptis - was een van drie Protestante in Oesbekistan waarvan bekend is dat hulle in Maart en April tussen sewe en vyftien dae in die tronk was. Hy is aangehou nadat hy 'n godsdienstige pamflet aan 'n verbyganger op straat aangebied het. Akhmedov is vir die laaste deel van sy tronkstraf in 'n klein sel aangehou met meer as tien mense en skaars slaapplek op die vloer. Nadat hy vrygelaat is, is hy met meer as drie jaar se amptelike minimumloon beboet. Die adjunkhoof van polisie het geweier om Akhmedov se saak te bespreek. Protestante en Jehovah se Getuies word gereeld beboet en soms korttermyn tronkstraf opgelê, maar Moslems wat hul reg op vryheid van godsdiens of oortuiging uitoefen, staar dikwels baie strenger strawwe in die gesig, insluitend lang tronkstraf.