Australië: Beplande sluiting van inheemse gemeenskappe

Wêreldwyd - - 06 Mei 2015 - Print - Email

Christenskap het Aboriginal spiritualiteit op baie maniere beïnvloed en baie Aboriginal mense is Christene. Voor die inval het Aboriginals die hele Australië besit, maar howe het vandag hul grondeise suksesvol van die hand gewys. Vandeesweek was daar 'n herrie regoor Australië oor die konserwatiewe regering se plan om dienste aan meer as 150 afgeleë inheemse gemeenskappe in Wes-Australië te besnoei. Eerste Minister Tony Abbott het gesê die regering kan nie 'leefstylkeuses eindeloos subsidieer nie.' Tussen 500 - 1000 het 'n Perth-saamtrek bygewoon en duisende ander het in Sydney, Canberra, Darwin, Adelaide, Alice Springs en 1 000 in vier Nieu-Seelandse stede betoog teen die onttrekking van befondsing uit afgeleë gemeenskappe. Kimberley Grondraad sê die voorstel is in stryd met die VN-verklaring oor die regte van die inheemse persoon. Vir materiaal oor Aboriginal-kultuur gaan na http://www.creativespirits.info/aboriginalculture/#axzz3ZLxtuWNR