Denemarke: beplan om preke te monitor

Kommer is geopper oor nuwe wette wat in Denemarke voorgestel word om alle vreemdetaalpreke te monitor. Kragtens die konsepwetgewing sal alle preke in ander tale as Deens vertaal en aan die owerhede vir insae voorgelê moet word. Die Deense regering sê hy wil Islamitiese ekstremisme hokslaan, maar 'n aantal Christelike denominasies het gewaarsku dat dit 'n bedreiging vir godsdiensvryheid inhou. Dr Albert Mohler, president van een van die grootste evangeliese Bybelkolleges in die VSA, het die voorgestelde wet beskryf as iets wat byna 'ongekend in die moderne kerkgeskiedenis' was.