Rusland: opposisieleier soek ewige antwoorde

Met sy lewe en vryheid op die spel terwyl hy Rusland se diktatoriale regime uitgedaag het, het opposisieleier Alexei Navalny na Christenleiers uitgereik in 'n soeke na 'ewige waardes'. Sergey Rakhuba van Mission Eurasia sê Navalny het God gevind toe hy groot uitdagings in die gesig gestaar het en 'vir sy lewe veg'. Navalny het tydens 'n hofsitting in Januarie verkondig dat hy ateïsme laat vaar het en geloof in God bely het. "Ek glo hy het die kragtigste preek uit daardie hok in die hofsaal uitgespreek," het Rakhuba gesê. 'Hy het na die Bybel verwys as 'n antieke boek wat die wêreld moet aanneem en hulle reëls daarop moet bou vir die daaglikse lewe. Ek dink dit was die kragtigste aanbieding van die Evangelie.' Navalny het Matteus aangehaal, 'Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word'.