Malta: aartsbiskop se waarskuwing aan nuwe president

Aartsbiskop Charles Scicluna het die boodskap by die mis oor George Vella se beëdiging as Malta se tiende president gelewer. Scicluna het die punt gemaak dat 'die ekonomiese welvaart van 'n land op vaste fondamente is wanneer sy leiers wysheid en geregtigheid omhels'. Hy het gesê die reputasie van Malta se sterkte en groei hang daarvan af of die waardes van integriteit, geregtigheid en solidariteit 'n politieke prioriteit gemaak word. 'As die eerste of enigste ding wat ons soek, wins of winste is, word demokrasie 'n kerdokrasie - 'n samelewing gebaseer op 'n gejaag na wins - en van daar af is dit maklik om in 'n kleptokrasie te gly, 'n samelewing waar mag in die hande gekonsentreer is van die gierigstes.' Op dieselfde dag het die Raad van Europa sy verslag gepubliseer oor die doeltreffendheid van Malta se voorkoming van korrupsie, en 'n beroep op meer robuuste optrede in die regering en polisie gedoen. Sien https://theshiftnews.com/2019/04/03/council-of-europe-calls-for-robust-action-against-government-corruption-in-malta/