Brief uit Duitsland

Watter soort sluier lê oor Duitsland wat die meeste mense van 'n lewende verhouding met Jesus weerhou? Die evangelie is versluier waar 'die god van hierdie eeu die sinne van ongelowiges verblind het, sodat hulle nie die lig van die evangelie van die heerlikheid van Christus kan sien nie'. (2 Kor. 4:4) Hulle glo nie in 'n Skepper of Verlosser nie - of hulle dink alles sal reg wees omdat hulle aan 'n kerk behoort. Hulle glo in die hol en misleidende 'gees van die eeu', wat afhang van menslike tradisie en die beginsels van hierdie wêreld eerder as van Christus. Bid asseblief volgens 'n Duitse lofsang: 'O kom, Gees van waarheid, kom woon in ons; versprei lig en openbaring, verban valsheid en voorgee.' Bid dat baie mense bonatuurlike ontmoetings met Jesus sal hê en hulle so tot Hom sal draai. (Handelinge 9:3-5)