Roemenië het ons gebede nodig

'n Christen in Roemenië skryf: 'Ons het gebed nodig dat president Klaus Iohannis sterk sal wees in hierdie tyd van stryd teen korrupsie. Die linkervleuel wil sy reg verwyder om die algemene aanklaer en die direkteur van die Nasionale Direksie teen Korrupsie te benoem. Tot hierdie tyd het die verteenwoordigers van justisie hul werk gedoen en duisende is in tronke of by die hof. Die koalisie-meerderheid is baie korrup. Baie het misdade gepleeg en behoort in die tronk te wees, maar hulle het parlementêre immuniteit. Bid vir diegene wat eerlik is om te distansieer van diegene wat korrup is en dat hierdie koalisie ontbind word. Sodoende kan ons hoop op die verkiesing van 'n nuwe regering.' Die huidige wet vergewe politici wat misdade pleeg, omkoopgeld ontvang of gunstige kontrakte vir families en vriende aanbied. Hierdie parlement wil hierdie optrede dekriminaliseer en gevangenes vrymaak. Die mense betoog in die strate teen hierdie voorstelle.

  • Pray: for an end to evil proposals; and for corruption to be shamed and removed from places of authority. (Is. 1:4)