Swede moet hul identiteit prysgee en by migrante integreer, want 'Sweeds moet oor meer as velkleur en geboorteplek gaan'. In 'n nuwe TV-advertensie van die Sweedse liefdadigheidsorganisasie IM, word Swede versoek om 'Det nya landet' (die nuwe land) te skep. Die Engelse teks van hul webwerf sê: 'There is no turning back. Swede sal nooit wees wat dit voorheen was nie. Dit is 'n begrip van hoe die wêreld eintlik lyk - dat Swede nodig is as 'n veilige plek vir mense wat toevlug nodig het. Sommige verlang terug na hoe dit was. Dit is oukei om die verlede te mis en daaroor te praat – maar ons moet pad vorentoe soek en 'n manier vind vir almal om saam te leef. Want nou het ons 'n Europa en 'n Swede, dit is wat dit is: in 'n toestand van verandering.'