Europese Raadsvergadering vandag

'n Europese voorbidder skryf: 'Vandag vergader die staatshoofde wat die Europese Raad uitmaak in Bratislava (Slowakye beklee die EU-presidentskap). Hierdie vergadering is belangrik omdat die Raad ná Brexit ’n pad vorentoe vir die EU moet vind. Daar is twee teenoorgestelde opvattings vir 'n toekomstige struktuur van die EU. Een is 'meer Europa', wat beteken om voort te gaan op die pad van integrasie en om 'n nouer Unie te word. Dit is die posisie van beide die President van die Europese Parlement (Schulz) en die President van die Kommissie (Juncker). Die tweede is 'minder Europa' wat beteken die versterking van die onafhanklikheid van die nasionale state. Dit is die posisie van Pole, Hongarye en baie ander state. Hierdie besluit sluit die vraag in: wie lei die Europese Unie in die toekoms, die Kommissie of die Raad? Angela Merkel praat duidelik namens die Raad.'