Indië: meer Christene geteiken

Vervolgings van Christene in Indië het verlede jaar toegeneem. ’n Verslag deur die Evangelical Fellowship of India het 325 voorvalle aangeteken waar Christene geteiken is deur geweld, intimidasie of teistering te gebruik. Meer ontstellend was egter die skielike geweldpleging in distrikte van Uttar Pradesh, die land se mees bevolkte provinsie, en in Tamil Nadu in die uiterste suide van die subkontinent. Die verslag het erken dat sy data nie volledig is nie, aangesien dit staatgemaak het op vrywillige verslagdoening en ondersoeke in die burgerlike samelewing. 'Die meeste sake word nie aangemeld nie, hetsy omdat die slagoffer en getuies vreesbevange is, of die polisie net 'n blinde oog draai en weier om die verpligte Eerste Inligtingsverslag van die misdaad op te teken.' Die naderende algemene verkiesing in April/Mei het tot spanning bygedra. Politici se haatspraak dien as 'n katalisator om mense te verdeel. Christene is kollaterale slagoffers. Ook in die aanloop tot verkiesings is die 'koue oorlog' tussen Indië en Pakistan besig om op te warm, met weermag van beide kante wat aanvalle loods. Sien