Sedert die verdeling in 1947 toe Brittanje sy Indiese ryk afgebreek het, was Indië en Pakistan aartsvyande. Die vyandigheid, gewortel in godsdiens, word gekenmerk deur konflik oor die staat Kasjmir. Tans is hulle op die randjie van groot konfrontasie. Pakistan se president Imran Khan het aangekondig dat Islamabad IAF se vleuelbevelvoerder Abhinandan, wat gevange geneem is ná 'n luggeveg wat voortgespruit het uit die Indiese bombardement van beweerde 'terreur'-teikens binne Pakistan, sal vrylaat. Mnr Khan het aangedring op die behoefte aan 'beter verstand om te seëvier', en verklaar dat die twee kernwapenlande koelkop moet bly en saamwerk teen terrorisme in die betwiste Kasjmir. Bid dat hierdie jongste woordewisseling die internasionale gemeenskap sal aanspoor om in te tree en die twee histories opponerende magte in ooreenstemming te bring vir 'n meer vreedsame naasbestaan.