VSA: waag almal om die grens oor te steek

President Trump noem die 'migrant karavaan' 'n inval in die VSA. . ’n Desperate stap van 2 600 myl van Honduras af met kinders en ’n paar besittings is ’n vreemde inval. Honduras het baie gely sedert president Hernández se herverkiesing deur bedrog in 2017. Terwyl weerstand teen hom voortduur, word talle deur die regering se veiligheidsmagte doodgemaak. Ook bendes en dwelmhandel veroorsaak een van die hoogste syfers van moord. Sommige vlug nie weens misdaad of politieke onderdrukking nie, maar weens ekonomiese ongelykheid en gebrek aan geleenthede. Die Skrif sê ons moet sorg vir die weduwee, die weeskind en die vreemdeling. Pous Franciskus het gesê: 'Dit is skynheiligheid om jouself Christen te noem en vlugtelinge, diegene wat hulp soek, iemand wat honger of dors is weg te jaag. As ek sê ek is Christen, maar doen hierdie dinge, is ek 'n huigelaar.'