Maleisië: Geopende Deure dring aan op optrede

In 2017 is pastoor Raymond Koh ontvoer in 'n professionele aanval wat op CCTV vasgevang is. Hy is sedertdien nie gesien nie. Geopende Deure het 'n beroep op die regering gedoen om hom en drie ander wat omtrent dieselfde tyd verdwyn het, op te spoor. Hulle het gesê: 'Die feite van hierdie saak is heeltemal verregaande. Ons doen 'n beroep op die nuwe regering om die waarheid agter hierdie ontvoerings bloot te lê, en die korrupsie uit te roei wat na bewering tot hul verdwyning gelei het.' 'n Fluitjieblaser het gesê Raymond is geteiken omdat hy 'n minderheidsgeloof gehad het, en sy ontvoering is uitgevoer met die goedkeuring van die destydse inspekteur-generaal van die polisie. ’n Menseregtekommissie-ondersoek na sy verdwyning het in Desember 2018 geëindig, met ’n reaksie wat in Maart 2019 verwag word.