Kanada: godsdiensvryheid geweier

Die Kanadese pa Steve Tourloukis – wat in televisieadvertensies vir die Coalition for Marriage verskyn het – voer sedert 2012 ’n regstryd om sy ouerlike regte en godsdiensvryheid te beskerm. Die regstryd het pas tot 'n einde gekom, maar nie in die guns van mnr Tourloukis - of Kanadese godsdiensvryheid nie. Hy het aanvanklik 'n brief aan die skoolraad gestuur waarin hy gevra het dat sy kinders uit die seksuele opvoedingsprogram onttrek word, aangesien baie van die boodskappe in die klas direk in stryd is met sy godsdiensoortuigings. Hy het spesifiek genoem dat hy bekommerd is oor die 'besprekings of uitbeeldings van homoseksuele/biseksuele gedrag en verhoudings en/of transgenderisme as natuurlik, gesond of aanvaarbaar'. Toe hulle sy versoek geweier het, het hy hulle hof toe geneem, maar Ontario se appèlhof het teen hom en teen die Internasionale Verdrag oor Burgerlike en Politieke Regte beslis.