Sirië: Poetin beloof om Sirië se geloofsgemeenskappe te herbou

President Poetin het aan verteenwoordigers van die Russies-Ortodokse Kerk gesê: 'Die Russiese staat het die afgelope paar jaar, saam met die Russies-Ortodokse Kerk en ander godsdiensorganisasies, humanitêre hulp aan Sirië verskaf. Dit is baie belangrik dat vreedsame lewe so gou moontlik hervestig word, sodat mense kan terugkeer en begin om kerke en tempels te herbou.' Poetin het ook beklemtoon dat die meeste van die histories Christelike gebiede bevry is. Sirië se Christelike gemeenskap, een van die oudstes ter wêreld, het van 30% tot 'n geraamde 10% van die bevolking gekrimp, nadat hulle uit hul huise verdryf is of gedwing is om tot Islam te bekeer. Siriese Christene het eeue voor Assad in Sirië gewoon, maar het eers die hoogste regeringsvlakke bereik toe Sirië demokraties was. Ten spyte daarvan dat hulle 'n minderheid is, het hulle lank aan Sirië se elite behoort en by prominente politieke groepe aangesluit.