Turkye: Amerikaanse pastoor wat in die tronk gehou word vir sy geloof

Pogings om 'n Amerikaanse pastoor wat in 'n Turkse tronk aangehou word vir sy Christelike geloof te bevry, het misluk. Andrew Brunson is op 8 Desember gearresteer en van 'lidmaatskap van 'n gewapende terreurorganisasie' aangekla. Op 29 Desember het 'n Turkse hof sy appèl vir vrylating geweier. Brunson het die evangelie al twintig jaar in Turkye verkondig en gehoop op permanente inwonerstatus. Maar volgens die American Center for Law Justice (ACLJ) is Brunson om ongespesifiseerde redes gearresteer. In 'n verklaring sê die ACLJ 'die aanklagdokumente bied geen bewyse teen hom nie' en die hof het ook nie gespesifiseer by watter 'terreur'-organisasie Brunson glo aangesluit het nie. Kenners sê Brunson se saak is deel van 'n groeiende klimaat van onverdraagsaamheid teenoor Christene en ander minderheidsgelowe in Turkye.