Burundi: nie moedeloos nie, maar desperaat

'n Werker vir Christus wou oor onlangse nuus skryf, maar het nie. Eerstens was dit te neerdrukkend, en tweedens was daar 'n vrees dat inligting in verkeerde hande sou beland met die moontlikheid van persoonlike gevaar. Die desperaatheid is om mense aan die bid te kry. Gevra vir hul grootste vrese, het die meeste geantwoord: 'om doodgekap te word en weg te mors deur hongersnood.' Burundi het die hoogste koers van wanvoeding in die wêreld. Die werker en kollegas het gebede nodig vir beskerming en wysheid in komplekse situasies. Hy skryf: " Hoekom is jy nog hier?" Omdat God ons roep om saam met dié wat huil te huil, om 'n stem te wees vir die stemloses en om “nie ons lewens so lief te hê dat ons vir die dood terugdeins nie”. (Openb 12:11) “Hoe sien jy dinge gaan?” Nie goed in menslike terme nie, maar deur die oë van geloof glo ek steeds dat God op Sy troon is en dat die Kerk die hoop van die wêreld is, aangesien Hy Sy beste troepe in Burundi gestasioneer het. "Wat van jou familie?" Ons het ingestem om deur geloof te lewe, en wil dit vir ons kinders modelleer terwyl ons langs die kosbare lydende Burundi-gemeenskap staan. Sal jy saam met ons in gebed staan, as jy die emosionele energie het? Ek is onder andere hier om die vlag vir Burundi te wapper. Kan jy dit sien waai? Dis klein, vuil, stink, vreesbevange, geskeur, bloed-en-traan-bevlek, maar kyk van nader … dit is nie die hele storie nie.' Sien ook

  • Pray: for this brother and his family - for protection, sustenance and God’s guidance through the Holy Spirit for the way forward. (Rom. 12:15)