Bybelvertalers staar geestelike oorlogvoering in die gesig

Christenvervolging regoor die wêreld neem toe, en veral Bybelvertalers staar 'n hewige aanslag van geestelike oorlogvoering in die gesig. Een verslag van Bybelvertalers wat veral vervolging in die gesig staar, kom van Wycliffe Associates. "Ons kry letterlik elke week nuwe verslae van onderdrukking," het Bruce Smith, uitvoerende hoof van die organisasie, gesê. 'Geestelike oorlogvoering het die "nuwe normaal" vir baie nasionale Bybelvertalers geword.' Vorme van weerstand teen Bybelvertaling sluit in om skielik siek te word, gearresteer en tronk toe gestuur te word, gemartel of selfs vermoor te word. Een vertaler het selfs op haar eerste dag van vertaalwerk in haar slaap gesterf. Wycliffe het verlede jaar 'n projek geloods wat daarop gemik is om die Bybel in 314 tale in 76 lande te vertaal. Die stigter van World Help, wat kommentaar gelewer het oor die toename in Christenvervolging, het gesê: 'In geen ander tyd in die geskiedenis was Christene so vervolg soos nou nie'. Vir voorbidding idees gaan na