Jemen: maande weg van hongersnood

7 000 mense is in Jemen se oorlog dood, en drie miljoen het gevlug. 14 miljoen is honger, met die helfte van dié op die randjie van hongersnood. Jemeniete loop die gevaar van katastrofiese honger. Voedselvoorraad sal in April opraak onder strafbare invoerbeperkings. Voedselinvoer is die helfte van die hoeveelheid wat nodig is om die oorloggeteisterde land se bevolking te voed. "Jemen word stadig uitgehonger," het Oxfam GB gesê. Eers was daar beperkings op die invoer van broodnodige voedsel, toe is die hyskrane en pakhuise in die hawens gebombardeer, toe die paaie en brûe. Hierdie bombardementstrategie is sistematies. Jemen se ekonomie, instellings en die vermoë van partye wat by die oorlog betrokke is om mense te voed is 'alles op die rand van ineenstorting'. Oxfam het gesê, 'As een van die vernaamste ondersteuners van hierdie wrede oorlog, moet Brittanje sy wapenverkope en militêre ondersteuning aan die Saoedi's beëindig en help om Jemen op die pad na vrede te plaas.' Sien