Sentraal-Afrikaanse Republiek: Seleka v Christene

Een korrespondent skryf: 'Seleka-rebelle het die verloop van CAR se geskiedenis verander deur pure barbaarsheid. Baie mense het verwag dat VN-magte 'n einde aan die lyding sou maak, aangesien daar nie meer 'n nasionale weermag is om sekuriteit te verskaf nie, maar daar was voorvalle waar VN-soldate op betogers losgebrand het. Ons deel van die dorp was gisteraand verlate, almal het gevlug. Dit is soos om in 'n slagveld te wees, met aanhoudende geweervuur en vuurpyle wat rondom ontplof. In een distrik was daar botsings tussen verskillende faksies van die Seleka, met leiers wat mekaar vermoor het. Dit is soos 'n storie in die Bybel waar God die vyande van Israel hulle swaarde teen mekaar laat draai het. Maar ons wanhoop nie! 'n Aantal onderrig- en opleidingsessies is onlangs op verskillende plekke gehou om die kerk te versterk. Die jongste is bygewoon deur honderde kerkleiers, Christelike werkers en regeringsowerhede. Internasionale sprekers het insette gelewer. Die werk om die CAR-kerk op nuwe geestelike fondamente te herbou gaan voort.'