Irak: wat jy moet weet oor Mosoel

Dit was van Mosoel, Irak se tweede grootste stad, dat IS in 2014 die wêreldverhoog opgeneem het. Dit is nou die laaste groot IS-vesting, so die stryd om Mosoel is 'n kritieke en beslissende een. Duisende lewens hang in die weegskaal: onskuldige burgerlikes, Irakse soldate, vegters van die Islamitiese Staat – Jesus het vir elkeen gesterf. Wat in Mosoel gebeur, het 'n direkte impak op die lewens en ewighede van baie. Tot 1,5 miljoen burgerlikes is steeds in Mosoel. Tot 5 000 IS-vegters bly ook oor. Duisende Irakse soldate, Koerdiese vegters en Shia-milisiemanne is betrokke. Daar word gevrees dat IS menslike skilde en chemiese wapens sal gebruik. Diegene wat Mosoel ontsnap, staar swak toegeruste vlugtelingkampe in die gesig wat nie in hul basiese behoeftes kan voorsien nie. Buiten die desperate humanitêre realiteite is hierdie massas grootliks onvoorbereid vir die ewigheid. In afwagting van 'n militêre bevryding, bly die meeste onbewus daarvan dat hulle enigste ware Verlosser Jesus is.

  • Pray: for all in Mosul waiting for deliverance, and for God to deliver Iraq from all foreign gods (Jn.14:27)