Die volgende is maar een van die vele verhale van eiendomsroof, onreg en valse tronkstraf van arm, kwesbare mense. 'n Sendingwerker skryf: 'Bid asseblief saam met ons vir Albertina, 'n 82-jarige weduwee wat saam met The International Justice Mission (IJM)-span in Gulu gewerk het nadat sy die slagoffer van eiendomsroof geword het. Die oortreders in hierdie saak het plaaslike amptenare herhaaldelik omgekoop om uit aanhouding te kom terwyl hulle Albertina en haar gesin aktief gedreig en aangerand het. Die oortreders het vroeër vandeesweek saam met die polisie gewerk om met valse aanklagte teen Albertina en haar volwasse familielede vorendag te kom en hulle te laat inhegtenis neem ondanks 'n duidelike gebrek aan bewyse. Die arrestasie van hierdie slagoffers het tien kinders onder die ouderdom van dertien alleen in hutte gelaat sonder toesig. Bid asseblief vir wysheid en guns terwyl die Internasionale Geregtigheidsending-span werk om die vrylating van Albertina en die ander slagoffers te verseker.'