Colombia: vredesooreenkoms na vyftig jaar

Colombia het verlede week 'n einde verklaar aan die langste burgerlike konflik in die Westelike Halfrond. In 'n historiese ooreenkoms het die Revolusionêre Gewapende Magte van Colombia - bekend as FARC - 'n vredesooreenkoms met die Colombiaanse regering onderteken om 'n einde te maak aan meer as vyftig jaar van burgeroorlog wat byna 225 000 mense doodgemaak het. Bid asseblief dat die gemarginaliseerde gemeenskappe nou toegang tot gesondheidsorg sal hê. Bid dat grond aan regmatige eienaars teruggegee sal word. Bid dat 'n versoeningsproses begin sodat gemeenskappe die nalatenskap van bitterheid kan oorkom.