Iran: verdere teistering van Christene

Iranse Christene versoek gebed vir drie Christene wat aan die self-gestileerde 'Kerk van Iran'-netwerk behoort wat op 13 Mei gearresteer is en in aanhouding in Rasht bly. Sekuriteitsagente het toegeslaan op die huis van Yousef Nadarkhani, 'n kerkleier wat internasionale aandag getrek het nadat hy van afvalligheid aangekla en ter dood veroordeel is in 2010. Hy is uiteindelik vrygespreek van aanklagte van afvalligheid, maar tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir evangelisasie. Hy is uiteindelik op 7 Desember 2013 vrygelaat. Hy en sy vrou Tina is in hegtenis geneem, saam met Yasser Mossayebzadeh (wat in aanhouding bly – die ander twee is vrygelaat). Boonop is Saheb Fadaie en Mohammedreza Omidi ontbied om by die veiligheidskantore aan te meld. Hulle huise is toe oorval en fone, rekenaars en Christelike lektuur is gekonfiskeer. Die twee mans is aangehou en is vermoedelik in die Lakan-gevangenis naby Rasht. Omidi was ook een van vier Christen-bekeerlinge wat in 2013 gevonnis is om tagtig houe te ontvang vir die drink van nagmaalwyn en die besit van 'n satellietontvanger en skottel.