Kanada: Alberta-veldbrand en 'n oproep tot gebed

Amptenare heroorweeg hul planne om mense na Fort McMurray te laat terugkeer nadat die brande hierdie week nuwe lewe gekry het en 'n 665-kamer oliesand-werkkamp noord van die stad vernietig het. Oliesandfasiliteite en werkkampe noord van Fort McMurray is beveel om te ontruim. Negentien werkkampe en soveel as 8 000 mense is deur die nuwe ontruimingsbevel geraak. Oliesandfasiliteite word gebruik vir die verwerking van bitumen. Hulle het aparte spanne brandbestryders en word omring deur gruis om die brand uit te hou. Kanada se gebedsnetwerk 'Ore om te hoor' het gevra vir 'n veertig dae lange gebedsfokus op Alberta, van 16 Mei tot 24 Junie. Hulle fokus gebed van regoor Kanada en bid vir die mense wat alles in Fort McMurray verloor het; vir reën vir die vuur en die reën van die Gees; en vir die Kerk om wakker te word en heelhartige wending te ervaar sodat seën sal kom. Sien: