Israel: Christelike skole gesluit te midde van finansiële uitdagings

Hoofde van kerke in Jerusalem doen 'n beroep op owerhede om te reageer op 'beskeie en regverdige eise' deur Christelike skole vir finansiële ondersteuning. In 'n verklaring het hulle gesê: 'Ons is ontsteld dat ons skole in Israel vir meer as twee weke staak. Dit maak seer om 33 000 studente uit alle gelowe en denominasies uit hul klaskamers te sien, terwyl honderde onderwysers en werknemers kyk hoe hul skole leegloop. Hierdie situasie is 'n ernstige ongerief vir die ouers aangesien hul kinders by die huis bly, terwyl onderwys 'n basiese mensereg is wat geen kind geweier moet word nie. Die stryd het byna twee jaar gelede begin, nadat ernstige begrotingsbesnoeiings wat op ons skole afgedwing is, ’n finansiële tekort veroorsaak het. Onderhandelinge tussen die Kantoor van Christelike Skole in Israel en die Ministerie van Onderwys het misluk; alle oplossings wat deur die Ministerie aangebied is, was onrealisties en sou verdere finansiële las op ouers plaas.'