Kanada: Ouers regoor Ontario staan teen onvanpaste seksopvoeding

'n Opwelling van bekommerde ouers maak hul stem dik oor 'n omstrede seksopvoedingskurrikulum. Ouerregte en pro-familie groepe sê dat die liberale regering se omstrede kurrikulum kinders se onskuld skend deur hulle bekend te stel aan ouderdom-ontoepaslike eksplisiete inligting en deur 'n gevaarlike seksuele agenda te dryf. Pro-familie-analise van die kurrikulum toon dat dit kinders bekendstel aan homoseksualiteit in graad 3, masturbasie in graad 6, en orale en anale seks in graad 7; dit leer ook dat daar ses geslagte is, eerder as twee biologiese geslagte. 'n Ouerwoordvoerder het gesê: ''n Tyd van duisternis vereis geen kompromie hoegenaamd nie, veral wanneer die onskuld van ons kinders op die spel is.' Ouers regoor Ontario trek hul kinders uit die skool in die volgende twee weke terwyl hulle teen die liberale regering se kurrikulum protesteer.