Wêreldwyd: 30 dae van gebed vir die Moslemwêreld

Wêreldwyd - - 11 Jun 2015 - Print - Email

30 days of Prayer is 'n internasionale beweging van voorbidding vir die Moslemwêreld. Die doel is om die kerk te mobiliseer om te bid! Die oorsprong van hierdie oproep tot gebed en vas vir die Moslemwêreld het ontstaan toe 'n groep Christenleiers oor die Islamitiese wêreld gebid het tydens 'n byeenkoms in die Midde-Ooste in 1992. God het 'n las op die harte van hierdie mans en vroue geplaas om roep soveel Christene as moontlik om vir die Moslemwêreld te bid. Vandag trek hierdie gebeurtenis miljoene Christene wêreldwyd na 'n verenigde, wêreldwye gebedsbyeenkoms. In 2015 begin die gebed op 18 Junie en eindig op 17 Julie. 'n Golf van sendingmobilisering en Moslem-sendingbewustheid vind oor die hele wêreld plaas, en hierdie gebedsgeleentheid word beplan om saam te val met die Islamitiese maand Ramadan.

  • Pray: for many to comprehend the power released when interceding for Muslims to meet Christ. (Ps.66:5)