Libië: IS neem 88 Christene gevange

Wêreldwyd - - 11 Jun 2015 - Print - Email

Die IS-terreurgroep het verlede week 88 Eritrese Christene uit 'n karavaan van mensesmokkelaars in Libië ontvoer, het 'n Amerikaanse verdedigingsbeampte Maandag bevestig. Die verdedigingsbeampte het aanvanklike berigte van die massa-ontvoering aan Fox News bevestig nadat hy 'n onlangse intelligensieverslag gesien het. Die onafhanklike Libya Herald-koerant het berig dat die konvooi die afgelope Woensdagoggend voor dagbreek deur militante suid van Tripoli in 'n lokval oorval is. Meron Estafanos, die medestigter van die Stockholm-gebaseerde Internasionale Kommissie vir Eritrese Vlugtelinge, het aan die koerant gesê dat die groep migrante ongeveer twaalf Eritrese Moslems en 'n paar Egiptenare insluit. Hulle het hulle in 'n ander vragmotor gesit en hulle het twaalf Eritrese vroulike Christene in 'n kleiner bakkie gesit. Die militante het aanvanklik die vragmotor gestop en geëis dat die Moslems aan boord hulself bekend maak. Almal wat gereageer het, is gevra oor die Koran en hul godsdiensbeoefening in 'n poging om Christene vas te trek wat voorgee dat hulle Moslems is.