Sirië: IS-gevegte, Christelike vergelding en Assad se bomme wat Sirië vandaliseer

Wêreldwyd - - 04 Jun 2015 - Print - Email

Volgens die VK-gebaseerde Syrian Observatory for Human Rights het 'n Siriese Christen vegter van die Siriese Militêre Raad 'n militant van Islamitiese Staat in Noordwes-Sirië onthoof as wraak vir die terreurgroep se geweld teen die streek se minderheid Christene. Die Christenvegter, wat nie geïdentifiseer is nie, het verlede Donderdag die teregstelling uitgevoer in die dorpie Tal Shamiram in Sirië se Hasakeh-provinsie, waar Islamitiese Staat, ook bekend as ISIS of ISIL, groot dele van die platteland hou. Hulle het beslag gelê op meer as 95 000 vierkante kilometer van Sirië en is nou in beheer van die meerderheid van Sirië se gas- en olievelde – wat die terreurgroep van een van sy grootste bronne van inkomste voorsien. Intussen is die naweek byna 200 burgerlikes in die Aleppo-woonbuurt Al-Shaar dood weens meer lugvatbomaanvalle wat deur die weermag van president Bashar al-Assad uitgevoer is. Sien ook:

  • Pray: for the civilians in Syria, particularly the minority Christian population, who are caught in the war between Assad and those seeking to remove him from power. (Ps.32:7)