'Ons ontvang daagliks berigte van meer gruweldade, hoër dodetal, herhaalde aanvalle op NRO's en gastehuise met buitelanders as slagoffers. Bid dat hierdie lente-offensief binnekort tot 'n einde kan kom en dat die hele Taliban-beweging verpletter sal word. Tekens van 'n alliansie van die Taliban met IS kom uit die Noorde en Ooste. Bid teen die demoniese magte wat daardie mense dryf. VN-statistieke toon dat burgerlike ongevalle vanjaar met 16% gestyg het. Ons glo ons gebed is die beslissende wapen in 'n oorlog wat nie in die natuurlike deur al die wêreld se supermoondhede gewen kan word nie. Baie buitelanders het die land verlaat, so bid vir die plaaslike gelowiges om nie moedeloos te word nie, maar om hul oortuigings met ander te deel en getrou te bly te midde van teëspoed. Daar was maande se politieke binnegevegte oor die aanstelling van die deurslaggewende pos van minister van verdediging. Bid vir Masum Stanakzai, wat op 24 Mei in hierdie pos aangestel is.'