Irak: Drie Britse skoolmeisie 'Jihadi-bruide' vlug van mans af

Wêreldwyd - - 13 Mei 2015 - Print - Email

’n Anonieme berig het gesê dat drie jong Britse meisies probeer om van hul mans – en moontlik IS – te ontsnap. 'n Facebook-plasing op 2 Mei het gesê: 'Drie meisies (buitelanders, Britte) wat met IS-militante getroud is, word as vermis aangemeld, en IS het al sy kontrolepunte beveel om na hulle te soek. Daar word geglo dat daardie meisies ontsnap het.' Die skrywer het later bygevoeg: 'Die jongste inligting wat ek het, is dat hulle steeds in Mosoel op die vlug is, en IS is deeglik op soek na hulle - het hulle nog nie gevang nie. Hulle is Britte, nie immigrante nie, en hulle is baie jong tieners (ongeveer 16 jaar oud). Dis al wat ek vir nou oor hulle het.' Sien ook artikel 6 in hierdie week se Gebedswaarskuwing Britse Eilande afdeling.