’n Nuwe aardbewing het Nepal Dinsdag getref, met skokgolwe wat so ver as Nieu-Delhi en Dhaka gevoel is. Ten tyde van die skryf hiervan is aangemeld dat minstens 65 mense in Indië, Nepal en Tibet dood is, met meer as 1 100 beseer. Die episentrum was oos van Katmandu, naby die China-grens. Daar is massiewe herstelpogings aan die gang om slagoffers in Nepal te help. Honderde duisende geboue, insluitend baie antieke terreine, is vernietig en vele meer beskadig. Tearfund het gesê dat hulle nog nie hul vennootwerkers in die veld kon kontak nie en dat daar in die hoofstad Katmandu paniek was. 'Mense is baie bang en kies om in die strate te bly. Dit was dubbeld traumaties vir hulle, en ons moet bid en hulle ondersteun.'