Kenia: al-Shabab – groeiende kommer

Al-Shabab Somaliese militante het Maandag om middernag 36 nie-Moslems vermoor nadat hulle hulle van Moslem-werkers geskei het. Die slagoffers is gevang terwyl hulle in hul tente by 'n steengroef in Kormey geslaap het. Al-Shabab het die aanval uitgevoer weens die teenwoordigheid van Keniaanse magte in Somalië. Daar is toenemende kommer in Kenia oor veiligheid in streke wat aan Somalië grens ná 'n vlaag soortgelyke aanvalle. Grense met Somalië en Ethiopië word hoofsaaklik deur Moslem-Somaliërs oorheers. Baie van die vermoordes kom uit die suide van Kenia waar Christene oorheers. Hierdie aanvalle raak die ekonomie en maatskaplike samestelling van die streek aangesien die meeste van sy werkers - geskoolde en ongeskoolde - nie-Moslem Keniane is. Talle Christene, insluitend verpleegsters en onderwysers, het uit die gebied gevlug ná ’n busaanval verlede week. 'n Presidensiële adviseur het gewaarsku dat Al-Shabab probeer om 'n godsdiensoorlog aan te wakker. Christenleiers het Moslem-leiers in die openbaar daarvan beskuldig dat hulle nie genoeg doen om radikalisme binne hul geledere te tem nie.