Israel: Spanning neem toe

Aanvalle in Jerusalem neem steeds toe. Voorbeelde is 'n brandbom by Jerusalem se 'naasbestaan'-skool, die verhindering van 'n Hamas-sel se beplande aanval in die Wesoewer, en motors en bakkies word al hoe meer as wapens gebruik om voetgangers deur militante Palestynse organisasies te stamp. Die oop-einde wapenstilstand tussen Israel en Hamas in die Gaza-strook is gedeeltelik ondermyn deur 'n Salafistiese terreurgroep wat hul eie vuurpyle in Israel afgevuur het. Die Gaza-oorlog het geen probleme opgelos nie. Hamas skiet steeds toetsvuurpyle in die see en wil die beskadigde tonnels herstel. Agter die skerms beplan die Palestyne om 'n resolusie aan die VN-Veiligheidsraad te bring wat vereis dat Israel teen November 2016 uit die 'besette gebiede' moet onttrek. Die druk op nasies om aan die een of ander kant standpunt in te neem, neem toe. In Oktober het Britse parlementariërs gestem om die erkenning van 'n Palestynse staat te ondersteun. Sien: