Die volgende is 'n gedeelte van Skotland se 'The Stand' maandelikse gebedsbrief oor onlangse gebeure in Parys. 'In sulke tye is die onvermydelike vrae “Hoekom nou? Hoekom daar? Hoekom hulle?” en die gevaar is dat ons soveel fokus op die tragedie dat ons die Een wat die nasies in die palm van Sy hand hou uit die oog begin verloor - die Een wat die einde van die begin af ken - Alfa en Omega - El Shaddai! Ons weet dat Jesus die mag van die bose aan die Kruis verbreek het, maar ons wag nog in daardie tydraamwerk op die uiteindelike einde van ons vyand, Satan, wat daarop uit is om te 'steel, doodmaak en vernietig'. Intussen sien ons wetteloosheid toeneem in elke sfeer van die samelewing, so wat moet ons reaksie wees? GEBED! Bid met 'n intensiteit soos nog nooit tevore nie! Bid sonder ophou - roep tot God om die vyand se planne te ontbloot en te verslaan.'