Print this page

Indië teen Pakistan: Gevaarlike stryd tussen twee kernwapenlande

Indië teen Pakistan: Gevaarlike stryd tussen twee kernwapenlande

"Die oorlogsvlak tussen Indië en Pakistan is hoog. BID vir vrede tussen die twee kernlande . In die laaste twee dae het spanning 'n gevaarlike vlak bereik.

Dit is moeilik om te weet wat aan die gebeur is. Elke kant blameer natuurlik die ander. En elke kant het rede om die ander een te blameer.

Pakistan se premier Khan is nuut in sy amp en praat daaroor om vrede met Indië te probeer kry. Enige tyd wat Pakistan oor vrede praat, skep die Jaish-e-Mohammad (JeM) terroriste moeilikheid in Indië om vredesonderhandelinge te probeer stop.

Die Eerste Minister van Indië Modi is vir verkiesings en dit gaan nie te goed nie; mense raak keelvol vir hom. Die manier waarop 'n leier mense agter hom kry, is om oorlog met die ander kant op te bou. Dit het in die verlede oorloë tussen die twee lande geskep.

Positief is toe premier Khan van Pakistan op nasionale TV gekom het en die mense van Pakistan en premier Modi van Indië toegespreek het. Hy het gesê hulle moet almal tot hul sinne kom en terugtrek of die regering sal uit hul hande geneem word en aan 'n ander (dit wil sê die weermag) gegee word.

President Trump probeer vrede met Noord-Korea kry. Maar die meeste van die nuus vandag was oor die kongresgetuienis van prokureur Cohen. Pakistan en Indië

is skaars van gehoor. Dit was asof die duiwel gewerk het, ondergronds weggesteek, terwyl die wêreld besig was met ander dinge.

'n Paar jaar gelede is 'n baie insiggewende artikel oor die "Zero Line" geskryf wat beweer dat dit waarskynlik die gevaarlikste grenslyn in die wêreld is. Dit is die grenslyn in Kasjmir tussen hierdie twee lande. Die artikel het voortgegaan om te sê dat hierdie twee kernlande in 'n japtrap oorlog toe kan gaan, wat 'n groot deel van die wêreld intrek.

Hierdie situasie moet in GEBED gedek word.

Bid asseblief vir vrede langs wat die gevaarlikste grens in die wêreld genoem is.

Skakels:

BBC News - https://www.bbc.com/news/world-asia-47366718

DAWN - https://www.dawn.com/news/1466347/ispr-dg-press-conference-all-three-indian-pilots-arrested

Daily Mail - https://www.dailymail.co.uk/news/article-6750329/Pakistan-shoots-Indian-jets-carries-airstrikes-Kashmir.html

Pr4Pak