Afghanistan: Hoop deur volhardende gebed vir 'n land in konflik

Een van die lande waarvoor ons gereeld bid, is Afghanistan. Hierdie Sentraal-Asiatiese land wat al honderde jare verskriklike invalle en bloedvergieting ken, het aansienlike vordering gemaak in nasionale ontwikkeling sedert die Taliban in 2002 omvergewerp is. Vroue kon teruggaan werk toe, kinders terug skool toe, en baie ander bemoedigende veranderinge soos die opening van hospitale en universiteite en die bou van nuwe paaie en infrastruktuur het oor die afgelope dekade plaasgevind. Hierdie verblydende veranderinge is teweeggebring deur die demokraties verkose regering en 'n toegewyde internasionale humanitêre gemeenskap. Ongelukkig het die Taliban egter hergroepeer en met die onttrekking van Amerikaanse en koalisiemagte het hulle baie meer vrymoedig en aggressief geword in die aanval van die weermag en polisie sowel as in die loods van selfmoordaanvalle in die hoofstad.

Ons moet Afghanistan werklik in ons harte aanneem vir voortdurende gebed, sodat die Taliban, so verstom en mislei deur hul radikale Islamitiese ideologie, nie die nasie sal kan herower en weereens sy mense van hul swaar verworwe vryheid en waardigheid sal ontneem nie. Bid asseblief saam met ons vir die volgende:

1. Bid dat die Taliban en diegene van ISIS wat toenemend die land binnekom, sal voortgaan om verdeeld te wees en teen mekaar te veg totdat beide hierdie bewegings verwoes en verdryf is. Dat die Taliban se huidige interne stryd oor wie hul nuwe leier moet wees, sal voortgaan om hul pogings te ondermyn. Mag hulle ontnugter raak en hul vernietigende poging om mag en beheer prysgee.

2. Bid dat die Afghaanse regering verenig en effektief sal wees saam met die weermag en polisie in die bekamping van die opstandelinge en ook om hul leiers aan te keer. Ook dat daar ooreengekom sal word oor 'n goeie minister van verdediging en so gou moontlik in diens geneem sal word.

3.Dat die Pakistan en Afghaanse regerings versoen sal word en die terroriste saam sal beveg met volle samewerking en deel van intelligensie en militêre hulpbronne.

4.Vir die plaaslike gelowiges en diegene met die humanitêre gemeenskap om sterk beskerm en grootliks versterk te word. Mag hulle aangemoedig word om aan te hou bid en saam te werk vir Sy deurbraak in die nasie en dat die Evangelie van Christus wyd en syd onder die bevolking sal versprei.

5. Vir individue en spanne wat ingaan om in die komende maande te dien en te bid, dat hulle veilig bewaar sal word en op 'n magtige manier gebruik sal word om te bid vir die genesing van die land en die verbreking van vestings veroorsaak deur die eeue-oue besoedeling van afgodery en die vergieting van onskuldige bloed.

Mag die Here 'n wonderlike, goddelike ommekeer van lotgevalle vir hierdie lankmoedige land bewerkstellig en mag die hoop van sy mense op vrede, genesing en herstel ten volle verwesenlik word!