Viëtnam

Staan asseblief in die gaping vir ons getroue en toegewyde broers en susters wat God in Kommunistiese Viëtnam dien. Daar is beslis 'n vars wind van die Gees wat oor die land waai en planne word gemaak vir baie uitreike oor die Kerstyd. Uitreike en evangelisasieprogramme is ook in die beplanning vir 2015. Die duiwel wil nie hê dat die Evangelie met krag en gesag vorentoe gaan nie en sal planne vir die verkondiging van die Blye Boodskap van Jesus Christus en Sy Koninkryk probeer ontwrig en frustreer.

1. Bid vir die regering van Viëtnam; seën hulle en vra vir redding om na hierdie leiers en hul huishoudings te kom.
2. Bid vir die uitstorting van die Heilige Gees, tekens wonders en wonderwerke.
3.Daar is goeie dinge aan die gebeur in Hanoi (Viëtnam se hoofstad) met berigte van sekere "belangrike" mense wat na Christus toe kom. Bid dat dit sal voortduur!
4. Bid teen die gees van intimidasie en die demoonmagte agter kommunisme.
5.Vroeër vanjaar het ons 'n dramatiese ommekeer gesien en 'n oorwinning oor nog 'n poging van die vyand om die situasie daar te destabiliseer. Ons sal nog 'n oorwinning sien, nou, in Jesus se naam!

Van 'n Australiese voorbidder wat verkies om anoniem te bly