Oekraïne: geen ander pad as NAVO nie

Oekraïne se president het gesê om by NAVO aan te sluit sal sy land se veiligheid waarborg. Hy sê dit sal nie maklik wees nie, maar daar is geen ander pad vir die Oekraïne nie. Die Britse minister van verdediging, Ben Wallace, het gesê Rusland sal volgens sy optrede beoordeel word. 'Ons het die teenoorgestelde van sommige van Rusland se stellings gesien. Ons het 'n toename van troepe oor die afgelope 48 uur gesien tot 7 000, ons het 'n brug gesien wat vanaf Wit-Rusland na die Oekraïne gebou is - of naby die Oekraïne. Op die oomblik gaan Rusland se troepe-opbou voort.' Wallace sê NAVO is verenig en is 'dodelik ernstig oor hoe ons die bedreiging wat vir die Oekraïne en moontlik ons veiligheid inhou, die hoof gaan bied'. Hy het ná 'n vergadering van ministers van verdediging gepraat en gesê dat dit 'tragies normaal' word vir Rusland om 'kwaadaardige aktiwiteite en dreigemente te gebruik om sy sin te probeer kry' en Europa moet daarop reageer, en bygevoeg: 'Dit is 'n werklike uitdaging vir die stabiliteit van Europa.'